Ezra 1:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Al die voorwerpe van goud en silwer was vyf duisend vier honderd. Dit alles het Sesbassar saam met hulle laat optrek uit die ballingskap wat van Babel na Jerusalem opgetrek is.
Afrikaans (NLV) 2011
In totaal is daar 5 400 voorwerpe van goud en silwer aan Sesbassar gegee om na Jerusalem toe terug te vat wanneer die ballinge uit Babel daarheen sou terugkeer.
Afrikaans 1933/1953
Al die voorwerpe van goud en silwer was: vyf duisend vier honderd; dit alles het S,sbassar saamgebring toe die ballinge uit Babel na Jerusalem opgetrek het.
Afrikaans 1983
Daar was altesame 5 400 stukke goud en silwer. Sesbassar het alles saamgevat toe hy die ballinge van Babel af na Jerusalem toe gebring het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Altesaam was daar 5 400 voorwerpe van silwer en goud. Al hierdie voorwerpe het Sesbassar saamgeneem toe die ballinge van Babilonië na Jerusalem opgetrek het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar was alles saam 5 400 goue goed en silwergoed. Sesbassar het alles saamgeneem toe hy die Judeërs uit Babel na Jerusalem gebring het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar was altesaam 5 400 goed wat van goud en silwer gemaak was. Sesbassar het al hierdie goed saamgevat toe hy die Judeërs uit Babel teruggelei het Jerusalem toe.