Ezra 1:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
So sê Kores, die koning van Persië: Die HERE, die God van die hemel, het aan my al die koninkryke van die aarde gegee; en hy het my bevel gegee om vir hom 'n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is.
Afrikaans (NLV) 2011
“So sê Kores koning van Persië: Die Here, die God van die hemel, het my beheer oor al die koninkryke van die aarde gegee. Hy het my aangestel om vir Hom ’n tempel in Jerusalem in Juda te bou.
Afrikaans 1933/1953
So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die HERE, die God van die hemel, aan my gegee; en Hy het my opgedra om vir Hom 'n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is.
Afrikaans 1983
“Koning Kores van Persië maak bekend: Die Here die God van die hemel het al die koninkryke van die aarde aan my gegee. Hy het my beveel om vir Hom 'n tempel in Jerusalem in Juda te bou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ So sê Kores, koning van Persië, ‘Al die koninkryke op aarde het die Here, die God van die hemel, aan my gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Koning Kores van Persië sê: Die Here, die God van die hemel, het vir my al die lande op die aarde gegee en Hy het vir my gesê ek moet 'n tempel laat bou in die stad Jerusalem in die land Juda.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Kores, die koning van Persië, gee die volgende opdrag: Die Here, die God van die hemel, het my koning gemaak van al die lande van die wêreld. Die Here het gesê dat ek weer vir Hom ’n tempel in Jerusalem in die provinsie Juda moet bou.