Ezra 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wie is daar onder julle van al sy volk? sy God wees met hom, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is, en die huis van die HERE, die God van Israel, (Hy is die God) wat in Jerusalem is, bou.
Afrikaans (NLV) 2011
As julle deel is van sy volk, mag julle teruggaan na Jerusalem in Juda om hierdie tempel van die Here, die God van Israel, die God wat in Jerusalem is, te gaan herbou. Mag God by julle wees!
Afrikaans 1933/1953
Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort -- mag sy God met hom wees, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is, en die huis van die HERE, die God van Israel, bou! Hy is die God wat in Jerusalem is.
Afrikaans 1983
Enigiemand onder julle wat aan sy volk behoort — mag sy God by hom wees — mag na Jerusalem in Juda toe gaan en die tempel gaan bou vir die Here die God van Israel. Hy is God in Jerusalem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Enigiemand onder julle uit enige deel van sy volk – mag sy God met hom wees – hy moet optrek na Jerusalem in Juda om die huis te herbou van die Here, die God van Israel, die God wat in Jerusalem is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Al die mense van die Here mag teruggaan na Jerusalem. Ek bid dat hulle God die Here by hulle sal wees. Hulle mag teruggaan en hulle mag die tempel van die Here weer bou, die tempel van die Here, die God van Israel. Die Here is die God wat in Jerusalem is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Enigeen wat aan die Here se volk behoort, mag nou teruggaan na Jerusalem in Juda toe om te gaan help om die tempel vir die Here te bou. Die Here is die God van Israel. Hy bly in Jerusalem. Mag die Here saam met elkeen wees wat bereid is om terug te gaan.