Ezra 1:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En elkeen wat oorbly op enige plek waar hy as vreemdeling vertoef, laat die manne van sy plek hom help met silwer en goud en met goed en met vee, behalwe die vrywillige offer vir die huis van God wat in Jerusalem is.
Afrikaans (NLV) 2011
Van die mense van Juda wat nog in ander gebiede oorbly, se bure moet hulle deel bydra om te help dra aan die uitgawes van dié wat wil teruggaan. Hulle moet silwer en goud, voorraad vir die terugtog en vee voorsien, asook vrywillige offers vir die tempel vir God in Jerusalem.”
Afrikaans 1933/1953
En enigeen wat oorgebly het, in enige plek waar hy as vreemdeling vertoef -- hom moet die manne van sy woonplek ondersteun met silwer en goud en met goed en vee, en met die vrywillige gawes vir die huis van die God wat in Jerusalem is.
Afrikaans 1983
Elkeen wat van dié volk nog oor is, waar hy ook al tydelik gewoon het, moet deur die mense van sy omgewing voorsien word van die nodige silwer, goud, gebruiksgoed en vee, tesame met 'n vrywillige gawe vir die tempel van God in Jerusalem.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En almal wat agterbly op al die plekke waar diegene wat wil teruggaan, as •vreemdelinge gewoon het, dit wil sê die mense van hulle omgewing, moet diegene wat wil teruggaan, ondersteun met silwer, goud, goedere en lewende hawe. Hulle moet ook vrywillige gawes gee vir die huis van die God wat in Jerusalem is.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar is plekke waar daar nog Judeërs woon. Die mense van daardie plekke moet die Judeërs help. Hulle moet vir die Judeërs silwer en goud en goed en diere present gee, en ook ander dinge wat hulle self wil gee vir die tempel in Jerusalem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die ander mense wat saam met hulle op dieselfde plek bly, moet die Judeërs help wat wil teruggaan. Hulle moet vir die mense wat teruggaan, die silwer en goud en diere en vee gee wat hulle gaan nodig kry om God se tempel in Jerusalem te bou.”