Ezra 1:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het die familiehoofde van Juda en Benjamin, en die priesters en die Leviete, met almal wie se gees God opgewek het, opgestaan om op te gaan om die huis van die HERE wat in Jerusalem is, te bou.
Afrikaans (NLV) 2011
God het toe die gesindheid van die priesters en die Leviete, en ook van die stamleiers van Juda en Benjamin beïnvloed om na Jerusalem toe terug te gaan om die tempel van die Here te herbou.
Afrikaans 1933/1953
Toe het die familiehoofde van Juda en Benjamin klaargemaak, en die priesters en die Leviete -- elkeen wie se gees God opgewek het om op te trek, om die huis van die HERE wat in Jerusalem is, te bou.
Afrikaans 1983
Die familiehoofde van Juda en Benjamin, asook die priesters en die Leviete, elkeen in wie God die voorneme gegee het, het toe klaargemaak om die huis van die Here in Jerusalem te gaan bou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe het die familiehoofde van Juda en Benjamin, asook die priesters en Leviete, elkeen wat in sy gemoed deur God oortuig is, gereedgemaak om op te trek om die huis van die Here in Jerusalem te herbou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die familiehoofde van Juda en Benjamin, die priesters en Leviete, het toe gereedgemaak. God het ook ander mense laat besluit om die tempel in Jerusalem weer te gaan bou, en hulle het ook gereedgemaak om te gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Hele klomp leiers uit die families van Juda en Benjamin het besluit om terug te gaan. Daar was ook priesters en mense uit die familie van Levi wat by God se huis kon werk, en wou teruggaan. Hulle wou almal teruggaan om die tempel van die Here in Jerusalem te help bou. Die Here het hulle oorreed om te gaan.