Ezra 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En almal wat rondom hulle was, het hulle hande versterk met silwervoorwerpe, met goud, met goed en met diere en met kosbare dinge, behalwe alles wat gewillig geoffer is.
Afrikaans (NLV) 2011
Al hulle bure het hulle bygestaan deur vir hulle voorwerpe van silwer en goud te gee. Hulle het ook voorraad en vee vir die terugtog voorsien. Bo en behalwe alles wat hulle vrywillig aan hulle gegee het, het hulle ook waardevolle geskenke saamgegee.
Afrikaans 1933/1953
En almal wat rondom hulle was, het hul hande versterk met silwervoorwerpe, met goud, met goed en vee en kosbare geskenke, behalwe alles wat hulle as vrywillige gawe aangebring het.
Afrikaans 1983
Al hulle bure het hulle hande gesterk deur silwerware en goud, gebruiksgoed, vee en allerlei kosbaarhede te gee, bo en behalwe al die vrywillige gawes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Al die mense in hulle omgewing het hulle ondersteun met voorwerpe van silwer, met goud, goedere, vee en kosbare geskenke, afgesien van alles wat ook nog vrywillig gegee is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Al die bure van die Israeliete het vir hulle silwergoed en goue goed gegee, en ander goed en diere en kosbare presente, en ook nog enige iets wat hulle self besluit het om te gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle bure het hulle ondersteun. Hulle het vir hulle dinge gegee wat van silwer en goud gemaak was. Hulle het ook vir die mense wat wou teruggaan, kos en vee gegee, soos Kores gesê het. Hulle het daarby nog vir hulle allerhande geskenke gegee van goed wat hulle kon gebruik.