Ezra 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Koning Kores het ook die voorwerpe van die huis van die HERE wat Nebukadnésar uit Jerusalem gebring het, uitgebring en dit in die huis van sy gode gesit;
Afrikaans (NLV) 2011
Koning Kores het self ook waardevolle voorwerpe gegee. Dit was die voorwerpe wat Nebukadnesar voorheen uit die tempel van die Here in Jerusalem gevat het en in die tempel van sy eie gode gesit het.
Afrikaans 1933/1953
En koning Kores het die voorwerpe van die huis van die HERE uitgelewer wat Nebukadn,sar uit Jerusalem weggevoer en in die huis van sy god gesit het.
Afrikaans 1983
Koning Kores het ook die goed laat haal wat in die huis van die Here was en wat Nebukadnesar uit Jerusalem weggevat en in die tempel van sy god gesit het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Koning Kores het al die voorwerpe van die huis van die Here wat Nebukadnesar uit Jerusalem weggeneem en in die huis van sy gode gesit het, daar laat uithaal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Koning Kores het die gereedskap van die tempel uitgehaal. Nebukadnesar het dit voorheen uit Jerusalem gebring en in die tempel van sy gode gesit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Koning Kores het die goed laat haal wat Nebukadnesar destyds uit die Here se tempel in Jerusalem weggevat het om dit in sy eie god se tempel te sit.