Ezra 1:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Selfs dié het Kores, die koning van Persië, deur die hand van Mitredat, die tesourier, te voorskyn gebring en hulle getel na Sesbassar, die vors van Juda.
Afrikaans (NLV) 2011
Kores het aan Mitredat, die tesourier van Persië, opdrag gegee om die voorwerpe te tel en aan Sesbassar te gee. Sesbassar was die leier van die ballinge wat op pad was terug na Juda toe.
Afrikaans 1933/1953
En Kores, die koning van Persië, het dit uitgelewer onder toesig van M¡tredat, die skatmeester; en die het dit aan S,sbassar, die vors van Juda, voorgetel.
Afrikaans 1983
Koning Kores van Persië het dit aan Mitredat, die sekretaris van die tesourie, laat oorhandig, en dié het 'n lys daarvan gemaak vir Sesbassar, hoof van die stam Juda.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Koning Kores van Persië het dit onder toesig van Mitredat, die tesourier, laat verwyder, wat dit toe vir Sesbassar, die Judese leier, afgetel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Koning Kores van Persië het die goed vir Mitredat gegee. Mitredat was die man wat met die geld gewerk het. Hy het alles getel en hy het dit vir Sesbassar, die leier van die Juda-stam, gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Persië se koning Kores het dit eers vir Mitredat gegee. Hy was die minister van finansies van Persië. Mitredat het ’n lys gemaak van alles wat daar was. Hy het toe die lys vir Sesbassar gegee. Sesbassar was die leier van die groep wat sou teruggaan Juda toe.