Ezra 2:59 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dit was hulle wat opgetrek het van Telmela, Telharsa, Gerub, Addan en Immer, maar hulle kon nie die huis van hulle vader en hulle nageslag wys of hulle uit Israel was nie.
Afrikaans (NLV) 2011
’n Groep mense het uit die stede Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer ook na Jerusalem toe teruggekom. Hulle kon egter nie bewys dat hulle of hulle nageslag afstammelinge van Israel was nie.
Afrikaans 1933/1953
En dit is hulle wat uit Tel-Melag, Tel-Harsa, Kerub, Addan, Immer opgetrek het, maar wat nie hulle familie en hulle afkoms kon aanwys of hulle van Israel afkomstig was nie --
Afrikaans 1983
Uit Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer het mense teruggekom wat nie uit hulle familieverband en afstamming kon aantoon dat hulle deel van Israel is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die volgende is dié wat weggetrek het uit Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer, maar wat nie kon aandui of hulle familie of dié se nakomelinge uit Israel was nie:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar het ook persone gekom uit die stede Tel-Melag, Tel Garsa, Kerub-Addan en Immer, maar hulle kon nie bewys aan watter families hulle behoort het en wie hulle voorvaders is en dat hulle Israeliete is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
[59-60] Daar was mense wat saamgekom het wat nie kon sê aan watter familie hulle behoort het nie. Hulle het gekom van Tel-Melag, Tel-Garsa, Kerub-Addan en Immer. Hulle was op ’n manier familie van Delaja, Tobija en Nekoda. Daar was altesaam 652 van hulle.