Ezra 2:61 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En van die kinders van die priesters: die kinders van Habaja, die kinders van Kos, die kinders van Barsillai; wat 'n vrou geneem het uit die dogters van Barsillai, die Gileadiet, en na hulle naam genoem is.
Afrikaans (NLV) 2011
Drie priesterfamilies, naamlik Gabaja, Kos en Barsillai het ook na Jerusalem toe teruggekom. Barsillai het met ’n vrou getrou wat ’n afstammeling van Barsillai van Gilead was. Hy het haar van aangeneem.
Afrikaans 1933/1953
En van die kinders van die priesters: die kinders van Hab ja, die kinders van Hakkos, die kinders van Bars¡llai, wat uit die dogters van Bars¡llai, die Gileadiet, 'n vrou geneem het en na hulle naam genoem is.
Afrikaans 1983
Van die priesterfamilies was daar ook nog dié van Gabaja, Kos en Barsillai, dié Barsillai wat getroud is met 'n dogter van die Gileadiet Barsillai en toe na hom vernoem is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Uit die nageslag van priesters was daar afstammelinge van Gobajja, Kos en Barsillai – 'n man wat uit die dogters van Barsillai, die man uit Gilead, 'n vrou geneem het, en toe na hulle vernoem is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die priester-families was Gobaja, Kos en Barsillai. Barsillai het getrou met 'n dogter van Barsillai van Gilead, en toe het hy homself ook Barsillai genoem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
[61-62] Daar was priesters wat nie kon sê aan watter families hulle behoort het nie. Dit was die groepe van Gabaja, Kos en Barsillai (wat getroud was met ’n dogter van die Gileadiet Barsillai en toe na hom vernoem is). Hulle is ook nie as priesters aanvaar nie.