Ezra 2:62 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle het hulle register gesoek onder die wat volgens die geslagsregister gereken is, maar hulle is nie gevind nie; daarom is hulle, as besoedel, van die priesterskap geskors.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het hulle geslagsregister verloor en is daarom nie toegelaat om as priesters diens te doen nie.
Afrikaans 1933/1953
Hulle het hul stamboom gesoek onder die wat in die register opgeneem is, maar dit was nie te vinde nie; daarom is hulle onbevoeg verklaar vir die priesterskap.
Afrikaans 1983
Hierdie families het probeer vasstel of hulle in die registers opgeneem is, maar daar kon niks gevind word nie, en hulle is uit die priesteramp onthef.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierdie mense het hulle inskrywings in die geslagsregisters probeer opspoor, maar kon dit nie vind nie. Hulle is toe as •onrein vir die priesterskap verklaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hierdie families het in die naamlys gesoek, maar hulle kon nie hulle name daar kry nie, daarom kon hulle nie meer priesters wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
***