Ezra 2:63 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die tirshata het vir hulle gesê dat hulle nie van die hoogheilige gawes mag eet nie, totdat daar 'n priester met Urim en met Tummim opgestaan het.
Afrikaans (NLV) 2011
Die goewerneur wou hulle nie toelaat om van die kos wat as offers gebring was, te eet nie, altans nie voordat ’n priester die lot daaroor gewerp het om te besluit of hulle dit mag eet of nie.
Afrikaans 1933/1953
En die goewerneur het aan hulle gesê dat hulle nie mag eet van die hoogheilige gawes nie, totdat 'n priester sou optree met Urim en Tummim.
Afrikaans 1983
Die amptenaar wat met dié sake belas was, het beslis dat hulle nie van die gewyde gawes mag eet voordat 'n priester uitsluitsel gegee het met die urim en tummim nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die administrateur het hulle laat weet dat hulle nie van die •besonder heilige gawes mag eet nie, totdat 'n priester aan diens kom wat die Urim en Tummim kon hanteer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die goewerneur het vir hulle gesê hulle mag nie eet van die hoog-gewyde offers nie. Hulle moes wag totdat 'n priester vir die urim en die tummim gevra het wat met hulle moet gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die goewerneur wat die provinsie vir die Perse bestuur het, het besluit dat hulle nie saam met die ander priesters van die offers mag eet nie. ’n Priester moes eers met die urim en tummim hulle lot bepaal. Hy moes kyk hoe die steentjies val om te weet wat God oor hulle besluit het.