Ezra 2:68 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sommige van die familiehoofde het, toe hulle by die huis van die HERE wat in Jerusalem is, verniet geoffer vir die huis van God om dit in sy plek op te rig.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe hulle by die tempel van die Here in Jerusalem aankom, het sommige van die familiehoofde vrywillige bydraes gemaak sodat God se tempel op die oorspronklike plek herbou kon word.
Afrikaans 1933/1953
En van die familiehoofde het, toe hulle by die huis van die HERE kom wat in Jerusalem is, vrywillig gegee vir die huis van God om dit weer op te rig op sy plek.
Afrikaans 1983
Met hulle aankoms by die tempelterrein in Jerusalem het 'n aantal familiehoofde vrywillige bydraes gegee vir die oprigting van die huis van die Here op sy oorspronklike plek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe hulle by die huis van die Here wat in Jerusalem is, aankom, het party van die familiehoofde vrywillige bydraes gegee om die huis van God op sy plek te herbou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe die familiehoofde by die tempel-gronde in Jerusalem kom, het hulle self besluit om geld te gee om die tempel weer te bou op die plek waar dit was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe hulle by die bouvalle van die tempel van die Here in Jerusalem aankom, het die leiers van die families uit hulle eie beursie geld gegee om die tempel te herbou.