Ezra 2:69 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle het aan die skat van die werk sestigduisend drame goud en vyfduisend pond silwer en honderd priesterklere gegee volgens hulle vermoë.
Afrikaans (NLV) 2011
Elkeen van hulle het soveel gegee as wat hulle kon. Die somtotaal van wat hulle geskenk het, was ongeveer 500 kilogram goud, 3 000 kilogram silwer en 100 kledingstukke vir die priesters.
Afrikaans 1933/1953
Na hul vermoë het hulle bygedra tot die fonds van die werk: in goud een en sestig duisend dragmes, en in silwer vyf duisend mines en honderd priesterrokke.
Afrikaans 1983
Hulle het volgens hulle vermoë vir die boufonds gegee, iets meer as 'n halwe ton goud, byna drie ton silwer en honderd stelle priesterklere.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het na vermoë tot die boufonds bygedra: 61 000 goue dragme, 5 000 silwermina en 100 priesterrokke.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elke familiehoof het gegee wat hy kon gee om die tempel te bou. Dit was 61 000 goue darieke, 5 000 mines silwer, en rokke vir 100 priesters.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het alles wat hulle gehad het vir die “herstelfonds” gegee. Dit was in totaal net meer as 500 kilogram goud, byna 3 000 kilogram silwer en 100 pakke klere vir die priesters.