Ezra 2:70 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die priesters en die Leviete en van die volk en die sangers en die poortwagters en die tempelbediendes het in hulle stede gewoon, en die hele Israel in hulle stede.
Afrikaans (NLV) 2011
Die priesters, die Leviete, die sangers, die werkers by die ingange van die tempel, die tempelwerkers en ook van die gewone mense, het in hulle eie dorpies naby Jerusalem gaan woon. Die res van die mense het in die ander stede in Juda, waarvandaan hulle vantevore gekom het, gaan bly.
Afrikaans 1933/1953
So het dan die priesters en die Leviete en van die volk en die sangers en die poortwagters en die tempelbediendes in hulle stede gaan woon, en die hele Israel in hulle stede.
Afrikaans 1983
Die priesters, die Leviete en 'n deel van die volk, asook die sangers, die poortwagte en die tempelslawe het hulle gevestig in die stede waar hulle vandaan gekom het. So het die hele Israel gedoen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die priesters, die Leviete, die poortwagte, die sangers, 'n deel van die volk en die tempeldienaars het in hulle dorpe, en al die ander Israeliete het in hulle dorpe gaan woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die priesters en die Leviete en party van die ander mense en die mans en vroue wat gesing het en die tempel-slawe het in hulle stede gaan woon, en al die ander Israeliete het in hulle eie stede gaan woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die priesters, die Leviete, ’n deel van die volk en die sangers, die poortwagte en die tempelwerkers het in Jerusalem gaan bly. Die res van die Judeërs wat teruggekom het, het teruggegaan na die plekke waar hulle oorspronklik vandaan gekom het.