Ezra 3:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe die bouers die fondament van die tempel van die HERE gelê het, het hulle die priesters in hulle kleed met trompette opgestel en die Leviete, die seuns van Asaf, met simbale, om die HERE te loof volgens die verordening van Dawid, die koning van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011
Die dag toe die bouers die fondasie van die Here se tempel gelê het, het die priesters, geklee in hulle seremoniële drag, hulle plekke ingeneem en op hulle trompette geblaas. Die Leviete en die Asafgroep het lof aan die Here gebring deur simbale te slaan soos koning Dawid van Israel voorgeskryf het.
Afrikaans 1933/1953
Toe die bouers dan die fondament van die tempel van die HERE lê, het hulle die priesters in ampsgewaad met trompette, en die Leviete, die seuns van Asaf, met simbale opgestel om die HERE te loof volgens die instelling van Dawid, die koning van Israel.
Afrikaans 1983
Toe die bouers die fondamente van die tempel van die Here klaar gelê het, het die priesters in ampsdrag reggestaan met trompette, en die Leviete van die Asafgroep met simbale, om die Here te loof soos koning Dawid van Israel bepaal het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe die bouers die fondamente van die tempel van die Here gelê het, het die toesighouers die priesters in ampsdrag gereed laat staan met trompette, en die Leviete, die nageslag van Asaf, met simbale, om die Here te loof volgens die voorskrifte van Dawid, koning van Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe die bouers die fondamente van die tempel klaar gebou het, het die priesters hulle priester-klere aangetrek en hulle het gereedgestaan met trompette. Die Leviete van die Asaf-familie het gereedgestaan met simbale. Hulle moes die Here prys, hulle moes dit doen soos koning Dawid van Israel gesê het hulle moet doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe die bouers die hoeksteen vir die Here se tempel op sy plek gaan sit het, het die priesters hulle spesiale klere aangetrek en op hulle plek gaan staan met hulle trompette in hulle hande. Ook die Leviete uit Asaf se familie het op hulle plek gaan staan met simbale. Almal kon toe saam vir die Here sing en sy Naam grootmaak soos Israel se koning Dawid gesê het dit gedoen moet word.