Ezra 3:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar baie van die priesters en Leviete en familiehoofde, wat ou manne was, wat die eerste huis gesien het toe die fondament van hierdie huis voor hulle oë gelê is, het met 'n groot stem geween; en baie het uitgeroep van blydskap:
Afrikaans (NLV) 2011
Baie van die ouer priesters, Leviete en van die ander leiers het onthou hoe die eerste tempel gelyk het. Toe hulle die fondasie van die nuwe tempel sien, het hulle hardop begin huil. Van die ander het op hulle beurt weer geskreeu van blydskap.
Afrikaans 1933/1953
Maar baie van die priesters en die Leviete en die familiehoofde, van die oues wat die eerste huis gesien het, het hardop gehuil toe die fondament van hierdie huis voor hulle oë gelê is, terwyl baie met gejuig, met blydskap die stem verhef het.
Afrikaans 1983
Baie van die oueres onder die priesters, die Leviete en die familiehoofde wat nog die eerste tempel geken het, het hardop aan die huil gegaan toe hulle sien hoe die fondamente van hierdie tempel gelê word. Baie ander het luidkeels van vreugde gejubel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Baie van die priesters en die Leviete en die familiehoofde, die oumense wat die eerste huis gesien het, het hardop gehuil toe die fondamente van hierdie huis voor hulle oë gelê is, maar baie ander het hardop uitgeroep van vreugde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe die ouer priesters en Leviete en familiehoofde wat die eerste tempel geken het, sien dat hulle die fondamente van hierdie tempel bou, het hulle hard gehuil. Baie van die ander mense was so bly dat hulle aangehou het om hard te skree.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Baie van die ouer priesters, Leviete en leiers van families, wat nog met hulle eie oë die vorige tempel gesien het, het hardop begin huil. Baie ander het van vreugde gejuig.