Ezra 3:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sodat die volk die geluid van die gejuig van die geween van die volk nie kon onderskei nie;
Afrikaans (NLV) 2011
Die geskreeu en gehuil kon nie onderskei word nie, maar het saam ’n oorverdowende lawaai veroorsaak. Dit kon baie ver gehoor word.
Afrikaans 1933/1953
En die volk kon die geluid van blye gejuig nie onderskei van die geluid van gehuil van die volk nie, want die volk het gejuig met groot gejuig, sodat die geluid tot ver weg gehoor is.
Afrikaans 1983
Niemand kon die gehuil tussen die blye gejubel deur hoor nie, so hard het die mense gejubel. Dit kon van ver af gehoor word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Niemand van die volk kon die klank van die vreugdekrete onderskei van die klank van die volk se gehuil nie, want die volk het so hard geskreeu dat dit baie ver gehoor kon word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het so hard geskree dat mense nie kon hoor dat party mense huil nie. Mense wat ver weg was, kon hoor hoe hulle skree.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Niemand kon onderskei wat vreugdekrete was en watter ’n gehuil was nie. Dit was ’n oorverdowende lawaai wat tot in die verte gehoor kon word.