Ezra 3:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het Jesua, die seun van Josadak, en sy broers, die priesters, en Serubbabel, die seun van Sealtiël, en sy broers opgestaan en die altaar van die God van Israel gebou om daarop brandoffers te bring, soos geskrywe is in die wet van Moses die man van God.
Afrikaans (NLV) 2011
Jesua seun van Josadak en sy medepriesters, asook Serubbabel seun van Sealtiël en sy familie het toe die altaar van die God van Israel begin herbou. Hulle wou offers daarop bring soos die wet van Moses, die man van God, voorgeskryf het.
Afrikaans 1933/1953
En J,sua, die seun van Josadak, met sy broers, die priesters, en Serubb bel, die seun van Se ltiël, met sy broers, het klaargemaak en die altaar van die God van Israel gebou om daar brandoffers op te offer soos geskrywe staan in die wet van Moses, die man van God.
Afrikaans 1983
en daar het Jesua seun van Josadak en sy ampsgenote die priesters, en Serubbabel seun van Sealtiël en sy helpers die altaar van die God van Israel weer opgebou. Die altaar was bedoel vir die brandoffers soos dit voorgeskryf is in die wet van Moses, die man van God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jesua, seun van Josadak en sy medepriesters, en Serubbabel, seun van Sealtiël en sy ampsgenote, het gereedgemaak en die altaar van die God van Israel gebou om •brandoffers daarop te bring soos daar geskryf staan in die Wet van Moses, die man van God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesua seun van Josadak en die ander priesters, en Serubbabel seun van Sealtiël en die ander leiers het begin om die altaar van die God van Israel weer te bou. Hulle wou brand-offers op die altaar offer, hulle wou doen soos die Wette van Moses sê, Moses, die man van God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesua seun van Josadak, saam met die priesters en Serubbabel seun van Sealtiël saam met sy helpers, het daar vir die Here ’n offerplek gebou. Hulle wou op die altaar offers vir die Here bring soos Moses dit voorgeskryf het.