Ezra 3:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle het ook die huttefees gehou, soos geskrywe is, en die daaglikse brandoffers volgens getal gebring, volgens die gebruik, soos die verpligting van elke dag vereis word;
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het ook die Huttefees gevier soos die wet van Moses voorgeskryf het. Elke dag van die fees het hulle die voorgeskrewe offer vir die dag gebring.
Afrikaans 1933/1953
En hulle het die huttefees gehou soos geskrywe staan, en brandoffers dag vir dag volgens die getal, na die eis van elke dag, soos voorgeskrywe was;
Afrikaans 1983
Hulle het ook die huttefees gevier soos dit voorgeskryf is en elke dag die vasgestelde hoeveelheid brandoffers gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het ook die Huttefees gevier soos voorgeskryf, en die aantal daaglikse brandoffers soos voorgeskryf vir elke dag,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het die Hutte-fees gevier soos die wette gesê het. Hulle het elke dag al die brand-offers gebring wat hulle moes bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het die fees van die hutte gevier, soos dit vir hulle in die wet voorgeskryf is. Hulle het elke dag van die fees die offers gebring wat vir daardie dag voorgeskryf is.