Ezra 4:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dit is die afskrif van die brief wat hulle aan hom gestuur het, aan koning Artasasta; U dienaars, die manne aan hierdie kant van die rivier, en op so 'n tyd.
Afrikaans (NLV) 2011
Hier is ’n afskrif van die brief wat hulle aan hom gestuur het: “Aan koning Artasasta, van al die lojale onderdane in die provinsie wes van die Eufraatrivier.
Afrikaans 1933/1953
dit is 'n afskrif van die brief wat hulle aan hom gestuur het: Aan koning Artas sta, u dienaars, die manne wes van die Eufraat. En nou --
Afrikaans 1983
Hier is 'n afskrif van die brief wat hulle aan die koning gestuur het: “Aan koning Artasasta. “Van u onderdane, die mense van Wes-Eufraat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit is 'n afskrif van die brief wat hulle aan hom gestuur het: “Aan Artasasta, die koning. Van u dienaars, die mense van Wes-Eufraat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het geskryf: Aan koning Ahasveros, van sy amptenare, mense van Wes-Eufraat en verder:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In die brief het gestaan: Aan koning Artasasta! Die brief kom van u amptenare van die Wes-Eufraat.