Galatians 1:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar ek verklaar julle, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek verseker julle, broers en susters, die Goeie Nuus wat ek aan julle verkondig het, is nie deur mense uitgedink nie.
Afrikaans 1933/1953
Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.
Afrikaans 1983
Dit moet julle goed besef, broers: die evangelie wat ek verkondig, is nie deur 'n mens uitgedink nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek wil hê julle moet weet, broers, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie 'n menslike saak is nie;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Vriende, dit is vir my baie belangrik dat julle dít moet besef: Die goeie boodskap wat ek preek, kom nie van mense nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My broers en susters, verstaan my baie mooi: die goeie nuus oor Jesus Christus wat ek preek, het ek glad nie self uitgedink nie. Dit kom ook nie tweedehands van iemand anders af nie.