Galatians 1:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want ek het dit ook nie van 'n mens ontvang nie, en ook nie geleer nie, maar deur die openbaring van Jesus Christus.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het dit nie by ’n mens gehoor of geleer nie, maar deurdat God Jesus Christus aan my geopenbaar het.
Afrikaans 1933/1953
Want ek het dit ook nie van 'n mens ontvang of geleer nie, maar deur 'n openbaring van Jesus Christus.
Afrikaans 1983
Ek het dit ook nie van 'n mens ontvang of by 'n mens geleer nie. Inteendeel, Jesus Christus het dit in 'n openbaring aan my gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
want ek het dit nie van 'n mens ontvang of geleer nie, maar wel deur 'n openbaring van Jesus •Christus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het die boodskap nie by mense gekry nie, ek het dit ook nie by iemand geleer nie. Jesus Christus het dit self vir my gegee toe Hy aan my verskyn het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het dit glad nie op die een of ander plek gaan leer nie. Nee, op ’n bonatuurlike manier het Jesus Christus die goeie nuus wat ek verkondig aan my bekendgemaak.