Galatians 1:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want julle het gehoor van my wandel in die verlede in die Joodse godsdiens, dat ek die gemeente van God buitengewoon vervolg en dit vermors het.
Afrikaans (NLV) 2011
Julle het mos gehoor hoe ek my vroeër, toe ek nog die Joodse godsdiens aangehang het, gedra het, dat ek God se kerk fanaties vervolg en verwoesting gesaai het.
Afrikaans 1933/1953
Want julle het gehoor van my lewenswandel vroeër in die Jodedom, dat ek die gemeente van God uitermate vervolg en dit verwoes het;
Afrikaans 1983
Julle het immers gehoor van my optrede toe ek destyds nog 'n aanhanger van die Joodse leer was. Ek het die kerk van God tot die uiterste vervolg en dit probeer uitroei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Julle het immers gehoor hoe ek vroeër volgens die Joodse godsdiens geleef het, dat ek die •kerk van God tot die uiterste vervolg en dit probeer vernietig het,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle het gehoor hoe ek voorheen gelewe het toe ek net die Joodse godsdiens geken het. Ek het baie baie slegte dinge gedoen aan die kerk van God, ek het probeer om die mense van die kerk dood te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Voordat ek ’n Christen geword het, was ek ’n groot aanhanger van die Joodse geloof. In daardie tyd het ek die kerk van God wreedaardig vervolg. Ek wou al wat Christen is van die aardbol afvee.