Galatians 1:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En het baat gevind by die godsdiens van die Jode bo baie van my gelykes in my eie nasie, terwyl ek meer ywerig was vir die oorleweringe van my vaders.
Afrikaans (NLV) 2011
In die uitlewing van die Joodse godsdiens het ek in my ouderdomsgroep bo baie van my volksgenote uitgestaan. Ek was besig om my uitermate te beywer vir die tradisies van my voorgeslagte.
Afrikaans 1933/1953
en dat ek in die Jodedom vooruitgegaan het bo baie van my leeftyd onder my stamgenote, terwyl ek veral 'n yweraar was vir die oorleweringe van my voorvaders.
Afrikaans 1983
En in die Joodse leer het ek onder my volksgenote bo baie van my leeftyd uitgestyg, want ek was 'n fanatieke yweraar vir die oorgelewerde leer van my voorvaders.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en dat ek in die uitlewing van die Joodse godsdiens baie van my tydgenote in my volk oortref het, deurdat ek my soveel meer beywer het vir die tradisies van my voorvaders.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek was 'n baie beter Jood as al die baie ander Jode wat so oud was soos ek. Ek was baie meer gehoorsaam aan die dinge wat ons voorouers vir ons geleer het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het vinnig opgang binne die Joodse godsdienstige kringe gemaak. Kort voor lank was ek ’n modelgodsdienstige wat kop en skouers bo my volksgenote uitgestaan het. Ek was ’n fanatiese aanhanger van die tradisies van my voorouers.