Galatians 1:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene kan verkondig; Ek het dadelik nie met vlees en bloed beraadslaag nie:
Afrikaans (NLV) 2011
om sy Seun aan my bekend te maak. Dit het gebeur sodat ek Hom aan die nie-Joodse nasies kan verkondig. Ek het nie dadelik met mense gepraat nie.
Afrikaans 1933/1953
om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie,
Afrikaans 1983
om sy Seun aan my te openbaar sodat ek die evangelie oor Hom onder die heidennasies sou verkondig, het ek nie dadelik daarna mense geraadpleeg
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
om sy Seun aan my te openbaar, sodat ek Hom aan die heidene sou verkondig, het ek nie dadelik vlees en bloed geraadpleeg nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
om sy Seun vir my te wys sodat ek vir die heidene kon gaan vertel van sy Seun. Nadat ek Hom gesien het, het ek nie vir ander mense gaan vra wat hulle van Hom weet nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Later het God sy Seun, Jesus Christus, aan my bekendgemaak. Van daardie oomblik af het ek net een doel voor oë gehad: om die goeie nuus oor Christus te verkondig aan mense wat nie aan Israel behoort nie. Ek het glad nie eens by ander Christene gaan raad vra oor wat ek moes sê nie.