Galatians 1:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het ook nie na Jerusalem opgegaan na die wat voor my apostels was nie; maar ek het na Arabië gegaan en weer na Damaskus teruggekeer.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het ook nie Jerusalem toe gegaan na hulle wat reeds voor my apostels was nie. Nee, ek het Arabië toe gegaan en van daar af teruggekom Damaskus toe.
Afrikaans 1933/1953
en ook nie na Jerusalem opgegaan na die wat voor my apostels was nie, maar na Arabië vertrek en weer teruggekom na Damaskus.
Afrikaans 1983
of Jerusalem toe gegaan na dié wat voor my al apostels was nie. Nee, ek is Arabië toe, en daarvandaan het ek teruggekom Damaskus toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ook het ek nie na Jerusalem opgegaan na hulle wat vóór my •apostels was nie, maar ek het wel na Arabië gegaan, en toe weer na Damaskus teruggekeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het ook nie na Jerusalem gegaan nie, na die mense toe wat vóór my apostels geword het nie. Nee, ek het na die land Arabië gegaan en ek het later weer teruggegaan na die stad Damaskus.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het ook nie Jerusalem toe gegaan om daar te gaan kers opsteek by diegene wat voor my al apostels was nie. Nee, ek is direk na my bekering Arabië toe. Later het ek teruggegaan Damaskus toe.