Galatians 1:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die dinge wat ek aan julle skrywe, kyk, voor God lieg ek nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Kyk, God is my getuie dat die dinge wat ek vir julle skryf nie leuens is nie.
Afrikaans 1933/1953
En wat ek julle skryf -- voor die aangesig van God, ek lieg nie!
Afrikaans 1983
Wat ek aan julle skrywe, is nie leuens nie — God is my getuie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat ek vir julle skryf, kyk, dit sê ek voor God – ek lieg nie!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek skryf vir julle die waarheid, die Here is my getuie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Terloops, al hierdie dinge wat ek vir julle skryf, is die reine waarheid. God self weet dit.