Galatians 1:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat nie 'n ander is nie; maar daar is sommige wat julle pla en die evangelie van Christus wil verdraai.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar daar is geen ander Goeie Nuus nie! Al wat daar is, is ’n paar mense wat julle deurmekaarmaak, ja, wat die Goeie Nuus van Christus wil verdraai.
Afrikaans 1933/1953
terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.
Afrikaans 1983
Daar is geen ander evangelie nie! Tog is daar mense wat die evangelie van Christus probeer verdraai, en dit is hulle wat vir julle in verwarring bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daar is nie 'n ander evangelie nie – al is daar sommige mense wat julle probeer verwar, en die evangelie van Christus wil verdraai.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet besef dat daar nie 'n ander goeie boodskap is nie. Die mense daar by julle wat vir julle 'n ander boodskap leer, maak julle deurmekaar en hulle maak die goeie boodskap van Christus vals.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar julle leen mos julle ore uit aan ’n klomp mense wat die goeie nuus oor Christus heeltemal verdraai. Dit lyk my hulle het julle kop behoorlik deurmekaar gepraat.