Galatians 1:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Soos ons vroeër gesê het, so sê ek nou weer: As iemand julle 'n ander evangelie verkondig as wat julle ontvang het, laat hom vervloek wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek herhaal: Vervloek is elkeen wat ’n ander boodskap verkondig as dié een wat julle ontvang het!
Afrikaans 1933/1953
Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom 'n vervloeking wees!
Afrikaans 1983
Ons het dit voorheen al gesê en ek sê dit nou weer: As iemand aan julle 'n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat julle ontvang het — die vloek van God sal hom tref!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou weer: As iemand aan julle 'n evangelie verkondig wat in stryd is met wat julle ontvang het, laat hom vervloek wees!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sê weer vir julle: Julle het die goeie boodskap by my gehoor, en God sal elkeen straf wat 'n ander boodskap preek!
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Kom ek sê dit nog ’n keer sodat julle baie mooi kan hoor: as enigiemand dit sou waag om iets anders oor Christus te sê as wat julle by my gehoor het, wag daar groot probleme op hulle. God se verskriklike vloek sal hulle tref.