Galatians 2:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Veertien jaar daarna het ek weer saam met Barnabas na Jerusalem opgetrek en Titus ook saamgeneem.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit was eers veertien jaar later dat ek weer Jerusalem toe gegaan het. Ek het Barnabas en ook Titus saam met my gevat.
Afrikaans 1933/1953
Daarna, veertien jaar later, het ek weer na Jerusalem opgegaan met Barnabas, en Titus ook saamgeneem.
Afrikaans 1983
Veertien jaar later het ek weer Jerusalem toe gegaan, hierdie keer ek en Barnabas, en ek het vir Titus ook saamgeneem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarna, veertien jaar later, het ek weer, saam met Barnabas, na Jerusalem opgegaan. Ek het ook Titus saamgeneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ná 14 jaar het ek en Barnabas weer na Jerusalem gegaan. Ek het vir Titus saamgeneem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Veertien jaar na my vorige besoek aan Jerusalem het ek weer soontoe gegaan. Barnabas en Titus was ook saam.