Galatians 2:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Net hulle wil hê dat ons aan die armes moet dink; dieselfde wat ek ook wou doen.
Afrikaans (NLV) 2011
Al wat hulle gevra het, was dat ons aan die armes moes dink, en juis dit het ek ywerig gedoen.
Afrikaans 1933/1953
alleen moes ons aan die armes dink, wat ek my juis ook beywer het om te doen.
Afrikaans 1983
Al wat hulle gevra het, is dat ons nie die armes onder hulle moet vergeet nie. Ek het my dan ook steeds vir hierdie liefdesdiens beywer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ons moes slegs sorg dat ons die armes in gedagte hou – presies wat ek my ook beywer het om te doen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het net een ding vir my gevra, hulle het gevra dat ek ook die arm mense van die gemeente in Jerusalem moet help. Dit het ek baie graag gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het wel een versoek aan ons gerig: dat ons tog nie die armes in die Jerusalemgemeente moet vergeet nie. En, soos julle baie goed weet, is ek nog steeds besig om vir hulle geld in te samel.