Galatians 2:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want voordat sommige van Jakobus af gekom het, het hy saam met die heidene geëet; maar toe hulle gekom het, het hy hom teruggetrek en hom afgesonder, uit vrees vir die wat uit die besnydenis was.
Afrikaans (NLV) 2011
Voordat daar mense van Jakobus af gekom het, het hy saam met die nie-Jode geëet. Maar nadat hulle gekom het, het hy hom onttrek en hom tydens etes eenkant gehou omdat hy bang was vir wat die Joodse Christene sou sê.
Afrikaans 1933/1953
Want voordat sommige van Jakobus af gekom het, was hy gewoond om saam met die heidene te eet; maar nhulle koms het hy hom teruggetrek en hom eenkant gehou uit vrees vir die wat uit die besnydenis is.
Afrikaans 1983
Voordat daar van Jakobus se mense aangekom het, het Sefas gewoonweg saam met nie-Joodse gelowiges geëet. Maar toe dié mense daar aankom, het hy hom onttrek en hom eenkant begin hou, omdat hy bang was vir die voorstanders van die besnydenis.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
want voordat sekere mense van Jakobus opgedaag het, het Sefas gewoonlik saam met die heidene geëet, maar toe hulle opdaag, het hy hom teruggetrek en afgesonder, omdat hy bang was vir diegene uit die besnydenis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Voorheen het hy altyd saam geëet met die Christene wat nie Jode was nie. Maar later het daar party van Jakobus se mense in Antiogië aangekom. Toe het Sefas skielik opgehou om saam te eet met die Christene wat nie Jode was nie, want hy was bang vir die Joodse Christene.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe Petrus daar in Antiogië was, het hy heeltyd saam met die nie-Joodse gelowiges geëet wat ook deel van die gemeente was, totdat ’n klompie Joodse gelowiges in die gemeente aangekom het. Hulle was aanhangers van Jakobus, een van die leiers van die kerk in Jerusalem. Hierdie manne het steeds die besnydenis voorgestaan. Toe hulle daar opdaag, het Petrus skielik opgehou om saam met nie-Joodse gelowiges te eet. Hy het dit gedoen omdat hy bang was oor wat hulle sou sê as hulle sien dat hy nie meer die Joodse reëls oor rein en onrein kos gehoorsaam nie.