Galatians 2:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die ander Jode het net so saam met hom saamgedrom; in so 'n mate dat Barnabas ook weggevoer is met hulle onmin.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarop het die ander Joodse Christene hom gevolg en selfs Barnabas het hom deur hulle skynheiligheid laat saamsleep.
Afrikaans 1933/1953
En saam met hom het ook die ander Jode geveins, sodat selfs Barnabas hom laat meevoer het deur hulle geveins.
Afrikaans 1983
Die ander Joodse gelowiges het ook saam met hom begin huigel, en selfs Barnabas het hom deur hulle huigelary laat meesleep.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En die ander Jode het ook saam met hom skynheilig opgetree, met die gevolg dat selfs Barnabas deur hulle skynheiligheid meegevoer is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe het die ander Joodse Christene dit ook gedoen, hulle was net so skynheilig soos Sefas. Ook Barnabas het skynheilig geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ongelukkig het Petrus die ander Joodse gelowiges beïnvloed om net soos hy te maak. Die uiteinde: kort voor lank het al die Joodse gelowiges eenkant gesit en eet en al die ander gelowiges op hulle eie. Selfs Barnabas, saam met wie ek daar in die kerk in Antiogië gewerk het, is deur hierdie skynheiligheid meegevoer.