Galatians 2:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Omdat ons weet dat 'n mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar uit die geloof in Jesus Christus, het ons ook in Jesus Christus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie. Want uit die werke van die wet sal geen vlees geregverdig word nie.
Afrikaans (NLV) 2011
weet dat niemand deur die wet te onderhou deur God vrygespreek word nie. Net deur die geloof in Jesus Christus kan dit gebeur! Selfs ons het tot geloof in Christus Jesus gekom sodat ons deur geloof, en nie omdat ons die wet onderhou nie, deur God vrygespreek kan word. Niemand sal mos deur die wet te onderhou deur God vrygespreek word nie!
Afrikaans 1933/1953
terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.
Afrikaans 1983
En tog weet ons dat 'n mens nie van sonde vrygespreek word deur die wet van Moses te onderhou nie, maar alleen deur in Jesus Christus te glo. Ook ons het tot die geloof in Christus Jesus gekom, en dit is hoe ons vrygespreek is: deur in Christus te glo en nie deur die wet te onderhou nie, want geen mens word vrygespreek op grond daarvan dat hy die wet onderhou nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en tog weet ons dat 'n mens nie op grond van die uitvoering van die wet geregverdig kon word nie, maar slegs deur die geloof in Jesus •Christus. Ook ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons regverdig verklaar kon word op grond van geloof in Christus, en nie op grond van die uitvoering van die wet nie; omdat geen mens op grond van die uitvoering van die wet geregverdig sal word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons weet dat God mense vryspreek van hulle sonde. Hy doen dit omdat hulle in Jesus Christus glo, nie omdat hulle doen wat die wette sê nie. Daarom het ek en jy ook in Christus Jesus geglo en God het ons vrygespreek. God het dit gedoen omdat ons in Christus glo, nie omdat ons doen wat die wette sê nie. In die Ou Testament is geskryf: “ God spreek mense vry, maar nie omdat hulle doen wat die wette sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Want niemand kan in die regte verhouding met God kom deur sy wet te gehoorsaam nie. Dit help niks nie. God skryf net dié mense se sondes af wat in Jesus Christus glo. En dit is presies wat ek en julle gedoen het: ons het in Christus Jesus begin glo. Dit is hoe God ons van al ons sondes vrygespreek het. Die wet van Moses kon dit nie regkry nie. Want niemand kan in die regte verhouding met God kom bloot net deur die wet te probeer gehoorsaam nie.