Galatians 2:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar as ons, terwyl ons probeer om deur Christus geregverdig te word, ook self sondaars bevind is, is Christus dan die dienaar van die sonde? Die Here behoed.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit is eers as ons deur Christus God se vryspraak soek dat ons raaksien dat ons self ook sondaars is. Beteken dit nou dat Christus in diens van die sonde staan? Natuurlik nie!
Afrikaans 1933/1953
Maar as ons wat streef om in Christus geregverdig te word, self ook sondaars bevind is, is Christus dan 'n dienaar van die sonde? Nee, stellig nie!
Afrikaans 1983
As uit ons soeke na vryspraak in Christus geblyk het dat ons ook sondaars is, beteken dit dan dat Christus in diens van die sonde staan? Beslis nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar as ons, deurdat ons versoek om in Christus geregverdig te word, ook self as sondaars bevind word, maak dit Christus 'n dienaar van die sonde? Hoegenaamd nie!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Ek en jy is Jode, ons wou hê dat God ons moet vryspreek van ons sonde omdat ons in Christus glo. Ja, ons het besef dat ons sondaars is, soos die heidene. Kan ons nou sê dit is Christus se skuld dat ons, die Jode, ook sondaars is? Nee, nooit nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In ons pogings om Christus se vryspraak deelagtig te word, het ons ontdek dat ons sondaars is wat onsself glad nie kan red nie. Beteken dit dan dat Christus nou nog ’n slaaf van die sonde is omdat Hy in ons plek vir ons sondes gesterf het? Nee, natuurlik nie! Hy het mos kant en klaar die prys vir die sonde namens ons betaal.