Galatians 2:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want as ek die dinge wat ek vernietig het, weer opbou, maak ek myself 'n oortreder.
Afrikaans (NLV) 2011
Dis eerder ék wat van myself ’n oortreder maak. Dis nou as ek weer begin leef volgens ’n stelsel wat ek klaar verwerp het.
Afrikaans 1933/1953
Want as ek weer opbou wat ek afgebreek het, dan betoon ek myself 'n oortreder;
Afrikaans 1983
Maar as ek die bepalings van die wet wat ek nietig verklaar het, weer laat geld, dan maak ek myself daarmee tot 'n oortreder.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want as ek dit wat ek afgebreek het weer opbou, betoon ek myself daarmee as 'n oortreder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek weet nou God spreek mense vry van hulle sonde omdat hulle in Christus glo. Ek kan nie nou 'n ander boodskap preek nie, want dan doen ek nie wat God wil hê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
As ek dan nou nog, nadat Christus dood is en weer lewendig geword het, op my eie by God probeer uitkom, wys ek dat ek net mooi niks van die goeie nuus verstaan nie. Dan is ek steeds skuldig voor Hom.