Galatians 2:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek is saam met Christus gekruisig; nogtans lewe ek; maar nie ek nie, maar Christus leef in my; en die lewe wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad en Homself vir my oorgegee het.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf.
Afrikaans 1933/1953
Ek is met Christus gekruisig, en,k leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
Afrikaans 1983
en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my! Die lewe wat ek nou liggaamlik leef, leef ek in geloof, die geloof in die •Seun van God, wat my liefgehad en Homself vir my oorgegee het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit is nie ék wat lewe nie, dit is Chrístus wat in my lewe. Ek lewe nou só: Ek glo in die Seun van God, die Seun wat lief is vir my en wat gesterf het sodat ek kan lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nou leef ek deur geloof. My hele bestaan draai om die Seun van God. Hy het my so lief dat Hy bereid was om sy eie lewe vir my op te offer.