Galatians 2:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar ook Titus, wat saam met my was, omdat hy 'n Griek was, was gedwing om besny te word nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar hoewel Titus, wat saam met my was, ’n Griek is, is hy nie gedwing om hom te laat besny nie.
Afrikaans 1933/1953
Maar selfs is Titus, wat by my was, nie gedwing om besny te word nie, alhoewel hy 'n Griek is;
Afrikaans 1983
Hoewel Titus, wat saam met my was, 'n Griek is, is hy nie gedwing om hom te laat besny nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar selfs Titus, wat saam met my was, is nie gedwing om besny te word nie, alhoewel hy 'n Griek is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Titus was saam met my. Hy is 'n Griek, maar die gelowiges in Jerusalem het nie vir hom gesê hy moet hom laat besny nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Titus, wat saam met my Jerusalem toe gegaan het, was ’n Griek. Hy was nie besny soos die Joodse wet dit vereis nie. Gelukkig het die gelowiges in Jerusalem ook nie van hom verwag om dit te doen nie.