Galatians 2:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dit vanweë onwetende valse broeders wat in die geheim ingekom het om ons vryheid wat ons in Christus Jesus het, te verken, sodat hulle ons in slawerny kon bring.
Afrikaans (NLV) 2011
Net ’n paar skyngelowiges het daarop aangedring. Hulle het die byeenkoms binnegesluip om te kom spioeneer op die vryheid wat ons in Christus Jesus het. Hulle doel was om ons weer slawe te maak.
Afrikaans 1933/1953
en dit vanweë die ingesmokkelde valse broeders wat ingesluip het om ons vryheid te bespied wat ons in Christus Jesus het, sodat hulle ons in diensbaarheid kon bring;
Afrikaans 1983
Daar was wel sekere mense wat dit wou hê, maar dit was mense wat onder vals voorwendsels in die gemeente ingedring het en hulle as medegelowiges voorgedoen het. Hulle werklike doel was om ons lewe in die vryheid wat Christus Jesus vir ons verwerf het, dop te hou, sodat hulle weer slawe van ons kon maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die saak het ontstaan omdat skynheilige broers, wat onder valse voorwendsels ingesmokkel is, ingesypel het om te spioeneer op die vryheid wat ons in Christus Jesus het. Hulle doel was om van ons slawe te maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar was mense in die gemeente in Jerusalem wat nie regtig gelowiges was nie. Hulle het skelm kom luister na wat ek sê, want hulle wou my beskuldig omdat ek sê Christus Jesus het ons vrygemaak. Hulle wou hê ons moet weer slawe word van die Wette van Moses.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar daar was wel ’n paar mense wat wou hê dat hy besny moes word. Hierdie spul vals mense het die kerk skelm-skelm binnegesluip om te kom kyk of ons al die reëls en wette van die Jode nakom. Hulle wou die vryheid waarmee Jesus Christus ons vrygemaak het, van ons af wegvat en ons weer van voor af slawe van al hulle wette en reëls maak.