Galatians 2:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Aan wie ons deur onderdanigheid plek gegee het, nee, nie vir 'n uur nie; sodat die waarheid van die evangelie by julle kan bly.
Afrikaans (NLV) 2011
Ons het egter vir geen oomblik toegegee nie sodat die waarheid van die Goeie Nuus vir julle gehandhaaf kan bly.
Afrikaans 1933/1953
aan wie ons selfs nie 'n oomblik in onderworpenheid toegegee het nie, sodat die waarheid van die evangelie by julle bestendig sou bly.
Afrikaans 1983
Aan hulle eise het ons egter nie 'n enkele oomblik toegegee nie, sodat die waarheid van die evangelie vir julle gehandhaaf sou word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ons het nie vir 'n oomblik in onderdanigheid aan hulle toegegee nie, sodat die waarheid van die evangelie onder julle behoue sou bly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons het glad nie na hulle geluister nie. So het ons seker gemaak dat julle ook die waarheid van die goeie boodskap kon hoor.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar ons het dit nie toegelaat nie. Met al ons krag het ons gekeer dat die regte evangelie wat ons preek deur hierdie spul verander word. Weet julle, ons het dit ter wille van julle gedoen. Ons wou doodseker maak dat die regte evangelie ook daar by julle in Galasië uitkom.