Galatians 2:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar van hulle wat gelyk het of hulle enigsins was, (wat hulle ook al was, dit maak vir my geen saak nie: God aanvaar niemand se persoon nie), want hulle wat gelyk het of hulle enigsins eensgesind was, het my niks bygevoeg nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Verder het die leiers — wat hulle status was, maak nie vir my saak nie; God kyk nie na ’n mens se status nie — niks meer van my verwag nie.
Afrikaans 1933/1953
Maar van die wat in aansien was -- wat hulle vroeër was, maak by my geen verskil nie; God neem die persoon van die mens nie aan nie -- hulle dan wat in aansien was, het my niks meer opgelê nie.
Afrikaans 1983
Die leiers van die gemeente — wat hulle vroeër was, maak nie vir my saak nie; God kyk nie na 'n mens se uiterlike nie — die leiers van die gemeente het aan die evangelie wat ek verkondig, niks toegevoeg nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar die mense van aansien – wat hulle vroeër was – maak aan my geen verskil nie; God slaan nie ag op die aansien wat 'n mens het nie. Ja, die vooraanstaande mense het my niks meer opgelê nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die belangrike leiers in die gemeente in Jerusalem het niks verander aan my boodskap nie. Dit maak nie vir my saak dat hulle belangrik is nie. God dink nie dat een mens belangriker is as 'n ander mens nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar wag, ek is nog besig om met julle te praat oor my ontmoeting met die leiers van die kerk in Jerusalem. Terloops, wie hulle vroeër was en wie hulle nou is, is regtig nie vir my belangrik nie. God kyk immers nie na mense se uiterlike nie.