Galatians 2:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar inteendeel, toe hulle sien dat die evangelie van die onbesnedenes aan my toevertrou is, soos die evangelie van die besnydenis aan Petrus was;
Afrikaans (NLV) 2011
Inteendeel! Hulle het ingesien dat die Goeie Nuus vir die nie-Jode aan my toevertrou is, soos die Goeie Nuus vir die Jode aan Petrus toevertrou is.
Afrikaans 1933/1953
Maar, inteendeel, toe hulle sien dat aan my die evangelie vir die onbesnedenes toevertrou is, net soos aan Petrus die vir die besnedenes --
Afrikaans 1983
Inteendeel, hulle het ingesien dat die taak aan my toevertrou is om die evangelie aan die nie-Jode te verkondig, net soos dit aan Petrus toevertrou is om die evangelie aan die Jode te verkondig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Inteendeel, toe hulle sien dat die evangelie aan die onbesnedenes aan my toevertrou is, soos aan •Petrus die evangelie aan die besnedenes
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die belangrike leiers in Jerusalem het besef dat God vir my gesê het ek moet die goeie boodskap vir die heidene bring, soos Hy vir Petrus gesê het hy moet die goeie boodskap vir die Jode bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wel, hierdie belangrike mans was heeltemal tevrede met wat ek preek.