Galatians 3:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die wet is nie uit die geloof nie, maar: Die mens wat dit doen, sal daarin lewe.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar by die wet speel geloof geen rol nie, want daar staan: “Wie dóén wat die wet sê, sal daardeur lewe.”
Afrikaans 1933/1953
Maar die wet is nie uit die geloof nie, maar die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.
Afrikaans 1983
By die wet gaan dit egter nie om die geloof nie, maar om die daad, want daar staan: “Hy wat dóén wat die wet sê, sal daardeur lewe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En die wet is nie gegrond op geloof nie; inteendeel: “Die mens wat hierdie dinge doen, sal hierdeur leef.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die wette vra nie dat mense moet glo nie, die wette vra dat die mense moet doen wat die wette sê. Want in die Ou Testament is geskryf: Elkeen wat doen wat die wette sê, sal lewe omdat hy dit gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die wet het niks met geloof te make nie, maar met dit wat ’n mens doen. Dit is presies soos daar in die Bybel staan: “Elkeen wat alles doen wat die wet sê, sal daardeur lewe.” Gelukkig hoef ons nie meer alles self te probeer doen nie.