Galatians 3:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Net dit wil ek van julle leer: Het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die gehoor van die geloof?
Afrikaans (NLV) 2011
Ek wil net dit vir julle vra: Het julle die Gees ontvang deur die wet te onderhou of deur te glo wat julle gehoor het?
Afrikaans 1933/1953
Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof?
Afrikaans 1983
Net een ding wil ek van julle weet: Het julle die Heilige Gees ontvang deur die wet van Moses te onderhou of deur die evangelie te glo?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Net dit wil ek van julle weet: Het julle die Gees ontvang op grond van die uitvoering van die wet, of op grond van julle geloof in wat julle gehoor het?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar is een baie belangrike ding wat julle moet onthou: God het vir julle die Heilige Gees gegee. Hoekom? Nie omdat julle doen wat die wette sê nie, maar omdat julle die goeie boodskap gehoor en geglo het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sê my, hoe het julle deel gekry in die krag van die Heilige Gees? Was dit deur te doen wat die wet sê? Of deur die goeie nuus te glo? Ja, natuurlik: deur te glo!