Galatians 3:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
Afrikaans (NLV) 2011
Verder, omdat julle aan Christus behoort, ís julle die nageslag van Abraham en dus erfgename van die belofte!
Afrikaans 1933/1953
En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
Afrikaans 1983
En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en, ooreenkomstig die belofte, erfgename.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En as julle aan Christus behoort, dan is julle die kinders van Abraham en dan kry julle wat God belowe het. Ja, julle kry dit omdat God dit belowe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle wat deel is van Christus se familie is natuurlik ook lede van Abraham se nageslag. Daarom geld al die beloftes wat God aan hom gemaak het ook vir julle.