Galatians 3:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die Skrif, wat voorsien het dat God die heidene sou regverdig deur die geloof, het voor die evangelie aan Abraham verkondig en gesê: In jou sal al die nasies geseën word.
Afrikaans (NLV) 2011
Verder het die Skrif vooruit gesien dat God nie-Jode deur geloof sou vryspreek. Daarom is die Goeie Nuus vooraf aan Abraham bekendgemaak: “Deur jou sal al die volke geseën wees.”
Afrikaans 1933/1953
En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseënword.
Afrikaans 1983
Die Skrif het vooruit geweet dat God ook mense wat nie Jode is nie, sou vryspreek as hulle glo. Daarom het die Skrif al voorheen die goeie nuus vir Abraham gebring: “In jou sal al die nasies geseën word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En omdat die Skrif dit vooruit gesien het dat God die heidene op grond van geloof regverdig sou verklaar, het die Skrif die evangelie reeds vooraf aan Abraham verkondig: “In jou sal al die nasies geseën word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Ou Testament het lank gelede gesê dat God die heidene sal vryspreek van hulle sonde omdat hulle glo. Daarom het God hierdie goeie boodskap vir Abraham gegee: Ek seën jou, en daarom sal Ek ook al die heidene seën.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Bybelskrywers het lankal geweet dat God mense uit ander volke wat in Hom glo, van hulle sondes sou vryspreek. Abraham het ook hierdie goeie nuus gehoor. Daar is vir hom gesê: “Jou geloof sal nog maak dat al die volke op aarde eendag God se seën beleef.”