Galatians 4:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sê vir my, julle wat onder die wet wil wees, hoor julle nie die wet nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Sê vir my, julle wat so graag aan die wet onderwerp wil wees: Hoor julle nie wat die wet sê nie?
Afrikaans 1933/1953
Julle wat onder die wet wil wees, sê vir my, luister julle nie na die wet nie?
Afrikaans 1983
Julle wat so graag aan die wet van Moses onderworpe wil wees, sê vir my: Hoor julle nie wat die wet sê nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sê vir my, julle wat onder die gesag van die wet wil staan, luister julle dan nie na die wet nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle wil so graag slawe wees van die Wette van Moses, maar julle luister nie goed wat die wette sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sê my, julle wat so graag die wet wil gehoorsaam, het julle al ’n slag mooi gekyk na wat daar regtig in die Bybel geskryf staan?