Galatians 4:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar toe julle God nie geken het nie, het julle hulle gedien wat van nature geen gode is nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe julle God nog nie geken het nie, was julle slawe van gode wat nie regtig gode is nie.
Afrikaans 1933/1953
Maar destyds, toe julle God nie geken het nie, het julle die gedien wat van nature geen gode is nie;
Afrikaans 1983
Daar was 'n tyd toe julle nie vir God geken het nie en slawe was van nikswerd afgode.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar vroeër, toe julle God nog nie geken het nie, was julle verslaaf aan gode wat in werklikheid nie bestaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Voorheen, toe julle nog nie vir God geken het nie, het julle ander gode gedien wat nie regtig gode is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Destyds, toe julle nog nie kinders van God was nie, was julle slawe van ’n spul dooie gode.