Galatians 5:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die wat aan Christus behoort, het die vlees gekruisig met die geneenthede en begeerlikhede.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar dié wat aan Christus Jesus behoort, het die hartstogte en die begeertes van hulle sondige geaardheid gekruisig.
Afrikaans 1933/1953
Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.
Afrikaans 1983
Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Almal wat aan •Christus Jesus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeertes gekruisig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, die mense wat aan Christus Jesus behoort, het opgehou om slegte dinge te doen, hulle wil dit nie meer doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Elkeen wat in Jesus Christus glo, moet so leef. Want al ons sondige begeertes is saam met Hom aan die kruis vasgespyker.